DIENSTE

Jou mense is Afrikaans

LOS DIE TROP

Dis nie meer nodig om met die trop mee te loop nie. Waarom in Engels adverteer bloot omdat dit die gerieflike, of die verwágte is? Verbruikers dring al sterker aan op die erkenning van hul taal en kultuur, en wil graag in hul eie taal bedien word. Indien jou teikenmark daardie groep mense is wie se hart warm klop vir Afrikaans, is die tyd reg om jou energie en advertensiekoste op jou eie mense te fokus. Jyself spandeer graag geld by Afrikaner besighede – jou kliente wil weet waar jy staan.

ONBESKAAMD AFRIKAANS


Webtuistes

Die internet is oral. Jy moet daar wees – waar jou kliente werk en speel op hul slimfone. Daarom moet jy ‘n betekenisvolle digitale profiel opbou. Jou webwerf is die basis van jou kommunikasie-strategie.

SEO

‘Search Engine Optimisation’ kan netsowel as “tameletjie” na Afrikaans vertaal word. Moenie dat iemand jou ompraat met ‘n vae belofte van ‘n “SEO-friendly” webwerf nie. Dis nie eers ‘n fraksie van die storie nie. Dis geldmors.

Vertaling

O ja, ons praat uitstekende Engels. Dis soms noodsaaklik om jou boodskap na die ’buiteland’ te neem. Ons kan alles wat ons vir jou in Afrikaans doen ook professioneel in Engels aanbied.

Skryfwerk

Voorleggings. Advertensies. Blogs. Artikels. Bydraes. Briewe.
As jy nie die tyd of lus het om noodsaaklike skryfwerk te doen nie, is ons professionele diens net ‘n oproep ver.

Digitale bemarking

Vergeet van ‘mog het troffe’ Facebook plasings. Of nog erger: om mense rasend te maak deur daagliks dieselfde ding orals in te druk. Bou jou advertensies op ‘n slim SEO strategie om jou teikenmark te bereik.

IT ondersteuning

Voer jy daagliks ‘n papieroorlog? Kyk eers na IT stelsels voordat jy nog ‘n werknemer aanstel! Ons verskaf pas-maak IT-oplossings, integreer dit met jou bestaande stelsels, en lei jou op.

Volledige projekte – ons stap die lang pad saam met jou

Bemarking lei tot groei. Groei beteken verandering. Jou bemarkingstrategie moet saam met jou besigheid groei, veral as die fokus van jou besigheid geleidelik verskuif.

“In tye van politieke en ekonomiese onsekerheid gaan diegene wat vinnig op hul voete dink die ekonomiese oorhand verkry”

Is daar vars geleenthede in jou marksektor? Het die mark ‘n nuwe loop geneem? Dalk inspireer die groei van jou besigheid jou om ‘n splinternuwe rigting in te slaan. Kom ons bekyk jou besigheid in ‘n vars, helder lig.

Wil jy net van sekere funksies verlos word?

As jy bloot ekstra hande nodig het om sekere funksies namens jou te verrig is jy ook op die regte plek. Ons kan help met advertensies, skryfwerk, of die implementering van slim tegnologie om jou administratiewe las te verlig. Daar is ‘n IT-oplossing vir elke probleem, en dis goedkoper en vinniger as om ekstra personeel aan te stel en op te lei.

“Once a new technology rolls over you, if you’re not part of the steamroller, you’re part of the road.”

JOU BESIGHEID KAN BLITSVINNIG OP DIE INTERNET WEES

KOM ONS GESELS

OF SKAKEL MY OP MY LOOPFOON

074-181-2019